Krap-newel | ||||
M1, die Krap-newel | ||||
Soort newel | Supernova-oorblyfsel | |||
Sterrebeeld | Bul | |||
Messier-naam | Messier 1 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 34m31,94s | |||
Deklinasie | +22º 00' 52,2" | |||
Skynmagnitude (m) | 8,4 | |||
Absolute magnitude (M) | −3,1 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 6 500 | |||
Skynbare grootte | 420" × 290" | |||
Besonderse kenmerke | Optiese pulsar | |||
Ander name | ||||
NGC 1952, Sharpless 244 | ||||
|
Die Krap-newel (ook bekend as Messier 1 of NGC 1952) is ’n supernova-oorblyfsel en pulsarwind-newel in die sterrebeeld Bul. Dit is in 1731 deur John Bevis waargeneem; dit stem ooreen met die helder supernova SN 1054 wat in 1054 gesien is deur Arabiese, Chinese en Japannese sterrekundiges.
Dit is sowat 6 500 ligjare (2 000 parsek) van die Aarde af en het ’n deursnee van 11 ligjare. Dit is deel van die Perseus-arm van die Melkweg en sit uit teen sowat 1 500 km per sekonde. In die middel van die newel lê die Krap-pulsar, ’n polsende ster van 28-30 km breed.[1]
Die newel is die eerste sterrekundige voorwerp wat verbind is met ’n historiese supernova-ontploffing en was in 1758 die eerste Messier-voorwerp wat gelys is.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search